Nuus/News

Wat gebeur op die wynfront/What is happening on the wine front.

Hartenberg stel jongste weergawe van sy ‘Grande Dame’, The Eleanor Chardonnay 2015, bekend

Hartenberg se "Grand Dame"!

The Eleanor Chardonnay, wat deel vorm van die Hartenberg-wynlandgoed se uitmuntende reeks premie-wyne, bring hulde aan die Finlayson-familie se matriarg wat, saam met haar man Maurice, die wynplaas, destyds bekend as Montagne, van 1948 tot 1977 besit het. Eleanor was ’n sterk en onverskrokke vrou, tog ook altyd gesofistikeerd en statig, en hierdie Chardonnay doen haar nagedagtenis gestand.

Vorige oesjaarweergawes van die The Eleanor Chardonnay het aansienlike erkenning in die wynbedryf ontvang, insluitende 41Ž2 sterre in die internasionaal gerekende Platter-wyngids en ’n goue medalje op die International Wine & Spirits Competition (IWSC) van 2012.

Eikendal se Chardonnay 2015 ‘die beste nog’

Eikendal se "beste nog"!

“Dis die beste wat ek al gemaak het,” verklaar Eikendal se keldermeester, Nico Grobler, oor die landgoed se 2015- Chardonnay wat pas bekend gestel is. Dis ’n lywige stelling, veral as dié vlagskipwyn se lang uitstaande stamboom in ag geneem word.

Kaapse Wynmakersgilde verwelkom twee nuwe lede

Morney Vrey, Miles Mossop en Bruwer Raats.

Twee bekwame Stellenbosse wynmakers, Bruwer Raats van Raats Family Wines en Morné Vrey van die Delaire Graff-landgoed, het by die geledere van die Kaapse Wynmakersgilde aangesluit.

La Petite Ferme sprei sy vlerke met jongste Chardonnay

Geniet die somer, glas vir glas!

Daar is min plekke op aarde waar die uitsigte die wyne só perfek komplementeer soos by La Petite Ferme in Franschhoek. Dié boetiek-wynkelder voeg ’n nuwe oesjaarwyn by sy uitstekende reënboogaanbieding premium-wyne met die toevoeging van sy jongste bekendstelling, ’n houtverouderde Chardonnay.

Four Cousins se Skinny ’n geurige, lae alkohol-alternatief

Four Cousins se Skinny White.

Lief vir wyn, maar nie vir ’n “wynlyf” nie? Wel, Van Loveren se Four Cousins het die oplossing. Skinny!

Die Four Cousins Skinny-wyne is vol geure, maar laag in kilojoules, en bied ’n heerlike lae alkohol-alternatief vir mense wat wyn geniet, maar nie later ’n prys daarvoor wil betaal nie. En dit word glo selfs deur Weigh-Less onderskryf!

GlenWood Sauvignon Blanc Semillon 2016 – Somer in ’n glas

Geniet die somer, glas vir glas!

GlenWood Vineyards buite Franschhoek het sy sukses in die 2017-uitgawe van die Platter-wyngids opgevolg met die bekendstelling van ’n wit versnit wat weer eens die tonge aan die gons sal sit. Die GlenWood Sauvignon Blanc Semillon 2016 is bestem om die somer ekstra spesiaal te maak.

De Krans’ star shines bright in Top Wine SA Hall of Fame

Another well-deserved accolade for De Krans!

Known worldwide as one of South Africa’s leading port producers, De Krans’ commitment to producing quality products has yet again been acknowledged, this time by the South African Wine & Cellar Classifications. Not only did three of its ports each secure a spot on the Top 10 list of Cape Ports, but De Krans was also acknowledged in the Top Wine SA Hall of Fame.

De Grendel pays tribute to rich heritage with introduction of Amandelboord Pinotage 2015

A worthy tribute to a rich heritage!

A perfumed, accessible and elegantly balanced wine with a bright cherry-plum red colour. This is how cellar master Charles Hopkins describes the new De Grendel Amandelboord Pinotage 2015 joining their black label range.

The launch of the De Grendel Amandelboord Pinotage goes hand in hand with the ten year anniversary of the cellar.

De Krans surprises with two new, innovative wines

Tritonia White from De Krans.

Continually striving to be innovative when it comes to producing award-winning wines, the De Krans Private Cellar outside Calitzdorp has come up with two new additions to their wine collection. The De Krans Tritonia White 2015 – now the flagship white wine from winery – and the quirky De Krans A Twist of Fate 2015.

The De Krans Tritonia White 2015 is now joining the flagship red wine, De Krans Tritonia Red (a Calitzdorp Blend made from touriga nacional, tinta roriz and tinta barocca). This maiden 2015 Tritonia White is produced from malvasia rei (also known as the palomino fino) and verdelho grapes.

Woolworths and RIEDEL break down more wine myths

Cheers ... to Cap Classique!

There are many myths and holy cows in the world of wine. “Drink only red wine with red meat and white wine with white meat” is one of them. “Bubbly is only for special occasions” is another. And “any glass will do” is yet another.

Well, at a special media function at Villiera Wine Estate outside Stellenbosch, Woolworths and RIEDEL Glassware shattered some of those myths and killed off some of those holy cows.

Sindikeer inhoud