Nuus/News

Wat gebeur op die wynfront/What is happening on the wine front.

Steenberg voeg vonkel by somer en feesseisoen!

Drink die sterre ... enige tyd, enige plek!

Voeg bietjie vonkel by die somerdae en die feesseisoen met die goue glinstering van Steenberg se 1682 Brut Chardonnay Méthode Cape Classique en die lewendige vonkel van die Steenberg Sparkling Sauvignon Blanc.

SA’s most celebrated red wines hail from Saronsberg!

Full Circle from Saronsberg.

Saronsberg is paving the way for South African red wines with its Full Circle lauded as the most awarded red wine in the country over the past ten years, and the Shiraz following in its footsteps as the second most awarded red wine you will find locally. Both these wines also boast a proud international record since its inception, affirming this cellar’s reputation when it comes to bespoke red wines of distinction and the Tulbagh terroir.

Stellenzicht stel nuwe spesialiteitswynreeks bekend

Stellenzicht se spesialiswyne.

Stellenzicht Vineyards, in die hartjie van Stellenbosch se Goue Driehoek, het pas hul nuwe spesialiteitsreeks onthul, ’n vertoonstuk van die landgoed se beste terroir. Die nuwe wyne - The Ratio, The Vine Post Pinotage en The Mistaken Identity - sluit by die immergewilde Plum Pudding Hill Syrah aan om ’n vlagskip-wynreeks te skep wat Stellenzicht se grond en terrein én die passie en vaardighede van die langdienende wynmaker, Guy Webber, ten toon te stel.

Bon Courage se Like Father Like Son-wyne kry nuwe baadjie

Familiepret en -genot in 'n bottel!

Die Bon Courage-wynlandgoed in die Robertson-wynvallei het sy gewilde Like Father Like Son-wynreeks in ’n nuwe baadjie getooi, maar die heerlike, genotvolle inhoud van die bottels bly dieselfde.

Nederburg wins 2016 IWSC trophy as SA’s Wine Producer of the Year

Simply the best!

Nederburg was announced the 2016 International Wine & Spirit Competition (IWSC) South African Wine Producer of the Year at a glittering gala dinner in London. This is the second time the well-known Paarl winery has won this prestigious award, the first time a mere 4 years ago in 2012.

Vergelegen hys vlag vir SA wyntoerisme

Vergelegen se geskiedkundige herehuis.

Die geskiedkundige Vergelegen-wynlandgoed by Somerset-Wes is aangewys as een van die wenners in die Best of Wine Tourism-kategorie van die Great Wine Capitals Global Network.

Bosman Family Vineyards receives international recognition for ethical business practices

Taking hands instead of pointing fingers!

Bosman Family Vineyards was recognised for their ethical business practices emerging as winners of the coveted ‘Ethical Company of the year’ award at the Drinks Business Green Awards in London.

Fairview lei era van ‘ernstige’ rosé in met 2016- Rosé Quartz

So veelsydig soos 'n Switserse knipmes!

Fairview het ’n rosé in ’n ernstiger styl en met ’n naam so aanloklik en verleidelik soos sy delikate, rooskleurige blos bekend gestel. Die Fairview Rosé Quartz 2016 is geïnspireer deur die rosé-wyne van Provence en is in lyn met ’n nuwe manier van wynmaak wat die hedendaagse rosé as ’n ernstiger mededinger vir Suid-Afrikaanse wynliefhebbers bied.

Gabriëlskloof stel opwindende nuwe oesjaar van sy The Blend bekend

The Blend 2015.

Die Gabriëlskloof-wynlandgoed buite Botrivier het die 2015-oesjaar van sy Bordeaux-versnit, The Blend, bekend gestel. Die wyn bestaan uit vier van die landgoed se Bordeaux-kultivars, met cabernet sauvignon wat die voortou neem.

Wine Enthusiast maak Andrea Mullineux sy ‘Wynmaker van die Jaar’!

Skoonheid EN talent!

Die gesaghebbende Amerikaanse wynpublikasie, Wine Enthusiast, het die Swartlandse wynmaker, Andrea Mullineux, as sy 2016- Wine Star Winemaker of the Year aangewys. Dit is die eerste keer dat 'n Suid-Afrikaanse wynmaker hierdie buitengewone eer ontvang en slegs die derde vrouewynmaker in die 17 jaar geskiedenis van dié toekenning.

Sindikeer inhoud