Travel/Reis

What the word of wine offers/Wat die wêreld van wyn aanbied.

Bottelary verras met uitsoekwyne

Die golwende heuwels van Bottelary lewer druiwe waarvan uitmuntende wyne gemaak word.

‘n Besoek so 'n paar jaar gelede aan ‘n paar van die wynmakers in die Bottelary-heuwels noordwes van Stellenbosch het my weer eens laat besef dat Suid-Afrikaanse wynmakers geen tree vir hul eweknieë elders in die wêreld hoef terug te staan nie.

 

Ek het daai dag wyne geproe wat my smaakkliere nog lank gaan bybly, maar daar was darem so ‘n handvol wat “eervolle vermelding” verdien.

 

Tussen Schaapenberg en Valsbaai lê ‘n wonderlike wynwêreld en wag

Die uitsig van Waterkloof se kelderkompleks af, en so lyk dit van al die kelders af waar ek geproe het!

Sommige wynmakers het dit net soveel lekkerder en beter as ander! Vat nou daai handjievol tussen Somerset-Wes en Sir Lowryspas. As hulle die rug keer op Valsbaai, staar hulle vas teen ‘n natuurtoneel wat net as asemrowend beskryf kan word. Ek meen, die majestieuse Schaapenberg, wat deel uitmaak van die Hottentots Hollandberge, met sy golwende voetheuwels bedek met wingerde is beslis nie ‘n gesig wat mens gou vergeet nie.

Geniet Het Land van Waveren se oorvloed!

'n Fees vir die oog, maar jou ander sintuie sal ook fees vier!

Ek kry wynroetes verder weg van die Moederstad jammer. Hulle moet meeding met veel bekender wynroetes met groter en meer bekende wynhandelsmerke wat nader aan Kaapstad geleë is. Dis dus nie ’n gelyke speelveld nie. Ongelukkig maak hulle nie juis sake vir hulself makliker deur te sit en wag dat die wêreld na hulle kom eerder as om die omstandighede te skep wat dit vir die wêreld die moeite werd maak om daai entjie verder te ry nie.

Durbanville-wynvallei bied meer as net puik wyn

Min wynstreke kan jou hierdie uitsig bied!

Net buite Kaapstad, maar steeds deel van die Kaapse Skiereiland, lê een van die Kaap se mooiste wyngebiede waar mens nie net puik wyn kan geniet nie, maar waar ‘n verskeidenheid eetplekke ook jou ander behoeftes kan bevredig. En hier’s lekker verblyf ook. En baie dinge om te doen. En alles is skaars 20 minute se ry van die Moederstad af.

Die Durbanville-wynvallei is nie groot nie en beskik oor net ‘n handvol wynprodusente, van klein boetiekwynmakers tot reuse-wynkelders, maar met bekende name soos De Grendel, Durbanville Hills, Nitida en Diemersdal is dit beslis ook een van die bekendste wynareas.

Darling ‘n klein skatkis met groot juwele!

Jip, Kaapstad, Tafelberg en die Atlantiese Oseaan is nooit ver van die Darling-wyngebied nie.

My inspirasie vir gereelde besoeke aan die Kaap se wynlande is hul diversiteit. Diversiteit in terme van natuurskoon en omgewing. Diversiteit in terme van streekskosse en mense. En, natuurlik, diversiteit in terme van wyne en wynstyle.

Franschhoek-vallei bied kos en wyn uit die boonste rakke

Franschhoek-kelder is 'n moet as jy hierdie pragtige vallei besoek.

Dis nie van gister af dat Franschhoek homself op die skouer klop vir sy heerlike kos nie. En die vallei se wyne staan ook nie juis terug vir al daai haute cuisine nie! As jy nou daai twee hedonistiese en dekadente plesiertjies saamvoeg en dit aanbied in ‘n vallei wat prentjiemooi verby is, is daar mos geen rede vir Kapenaars of uitlanders (dis nou almal buite die grense van die Republiek van die Wynlande!) om na iets te soek om oor naweke, vakansiedae of sommer in die week te doen nie.

Wyn, kos, kaas en olywe wat die mond laat water!

Dirk Nagtegaal (links) en die res van die groepie luister aandagtig na Willie Liebenberg in die kelder.

Ek het nie die geduld om toeriste oor en oor na dieselfde plekke te neem en dieselfde ou stories oor en oor te herhaal nie. Die lewe is te kort om so vervelig te wees. Daarom doen ek nie die toergidsding nie. Wanneer vriende en/of familie my egter van tyd tot tyd nader om vriende en/of familie van hulle uit die buiteland op ‘n besoek aan die wynlande te vergesel omdat ek oor wyn skryf, kwansuis baie van wyn weet en die meeste van die kelders en wynmakers ken, doen ek dit met graagte. Dis my klein bydrae tot die bevordering van ons wyne en wyntoerisme, en ek moet sê, tot dusver het ek nog net die gaafste mense ontmoet.

Worcester Wyn- en Olyfroete pak toerisme-uitdagings kaalvuis

Hier gaan dit nie net oor kos en wyn nie, maar ook oor viertrek-, bergfiets- en staproetes ...en veel, veel meer!

‘n Nuwe naam. ‘n Nuwe Visie. ‘n Nuwe benadering tot wyntoerisme. Dis die Worcester Wyn- en Olyfroete, voorheen bekend as die Worcester-wynroete.

Hoewel wyn en olywe steeds die kern-elemente van die roete sal wees, gaan die klem voortaan ook gelê word op die fasiliteite in die streek en die groot verskeidenheid aktiwiteite wat aangebied word.

Swartland se boetiekwynmakers beslis ‘n besoek werd

Die Swartland ... waar groen wingerde en goue graanlande skouer skuur en na die somer kleur ruil.

“Wyn is vir my passie. Dis familie en vriende. Dis ‘n warm hart en ‘n gulhartige gees. Wyn is kuns. Dis kultuur. Dis die essensie van die beskawing en die kuns van die lewe.”

Hierdie gevleuelde woorde van die bekende Robert Mondavi in sy boek Harvests of Joy het onlangs aanhoudend in my ore gelui toe ek drie boetiekwynmakers in die Swartland besoek het. Die drie was Nassau op die Klipheuwelpad uit Malmesbury, Franki’s Vineyards op die pad na Hopefield net noord van Malmesbury en Nuweland op die pad na Darling.

Die Helderberg onbloot sy wyn- en ander geheime

Prentjiemooi! Dis die Helderberg-wynarea.

Daar gaan nie ‘n maand verby waartydens ek en vroulief nie ‘n draai in die wynlande maak nie, en ons vind altyd ‘n nuwe area om te besoek, selfs na byna sewe jaar! Dit kan ook nie anders nie as mens in ag neem die omvang van en die groot verskeidenheid wat die Kaap se wynlande bied ... in kos, wyn, natuurskoon en vermaak. En dan praat ek nie eers van die mense nie.

Daarom bly ek verstom wanneer ek Kapenaars hoor kla dat daar kwansuis niks te doen is oor naweke nie. Regtig? Word wakker, mense, en ruik die ... wel, kos, wyn en natuur!

Sindikeer inhoud