Travel/Reis

What the word of wine offers/Wat die wêreld van wyn aanbied.

Die Helderberg onbloot sy wyn- en ander geheime

Prentjiemooi! Dis die Helderberg-wynarea.

Daar gaan nie ‘n maand verby waartydens ek en vroulief nie ‘n draai in die wynlande maak nie, en ons vind altyd ‘n nuwe area om te besoek, selfs na byna sewe jaar! Dit kan ook nie anders nie as mens in ag neem die omvang van en die groot verskeidenheid wat die Kaap se wynlande bied ... in kos, wyn, natuurskoon en vermaak. En dan praat ek nie eers van die mense nie.

Daarom bly ek verstom wanneer ek Kapenaars hoor kla dat daar kwansuis niks te doen is oor naweke nie. Regtig? Word wakker, mense, en ruik die ... wel, kos, wyn en natuur!

Verken die McGregor-vallei rustig en proe-proe

Die McGregor-vallei soos gesien vanaf Wonderfontein se herehuis, met die Langeberge in die agtergrond.

“Ons moet ‘n slag by McGregor gaan kuier!” Dit was vroulief se woorde die heel eerste keer toe ons Greyton, see se kant die berg, besoek het. Ons het amper tydens daardie besoek die voetslaanpad na McGregor aangepak, maar dit gelos omdat ons nie seker was hoe ver en hoe taai dit was nie. Maar ek het belowe dat ons nog eendag daar ‘n draai sal maak, en belofte maak skuld!

Heerlike kos en wyn aan die voet van die Simonsberg

Toe Frans Malan van Simonsig, Spatz Sperling van Delheim en Niel Joubert van Spier die Stellenbosch-wynroete in 1971 van stapel gestuur het, het hulle seker nie in hul wildste drome gereken dit sou so groot en suksesvol word nie. Wat as ‘n wynroete met ‘n handjievol lede begin het, is vandag Suid-Afrika se grootste wynroete en dié advertensie vir die Suid-Afrikaanse wynbedryf.

By Worcester kuier mens langer!

Die uitsig in die natuurskone vallei af vanaf Stettyn se proelokaal - wingerde, water, berge en blou lug.

Goeie wyn verg passie en toewyding. Dit verg ook tyd en tegnologie. En dis juis tyd wat mens nodig het wanneer jy die Kaap se prentjiemooi wynlande betree. Tyd om die natuurskoon te aanskou en waardeer, tyd om die mense te leer ken en tyd om die groot verskeidenheid wyne te proe, ervaar en waardeer.

Langs die R43 tussen Worcester en Villiersdorp lê vyf van die Worcester-wynroete se tien kelders in die Breëriviervallei, en elkeen is ‘n besoek werd. Maar vat jou tyd want hier wag baie om ontdek te word.

Riebeek-vallei toon die Swartland op sy beste

Kasteelberg (links) hou wag oor die prentjiemooi Riebeek-vallei.

Groen wingerde, goue graanlande, olyfboorde en geel kanola in ‘n golwende landskap. Dis die Swartland. Maar vir wynliefhebbers is die Swartland ook shiraz, pinotage en chenin blanc, terwyl proefnemings met skaarser kultivars soos malbec, grenaché en viognier al hoe meer vrugte afwerp in hierdie natuurskone wynstreek.

Wellington stel sy ‘verborge’ skatte ten toon

Asemrowend! Jip, vir sowel die oog as die mond. Dis Wellington se wynroete.

Daar’s nie baie areas wat hulself die geboorteplek van wyn kan noem nie, maar in Suid-Afrika sal niemand seker stry as Wellington homself daai eer toe-eien nie. Met sowat 85% van alle wingerdstokkies wat in Suid-Afrika aangeplant word wat uit hierdie geweste kom, sal dit maar neuk vir enige ander area om daai eer op te eis!

Toe ek onlangs ‘n klompie eposse van Oud-Wellingtonners van sover as Taiwan en Australië ontvang het wat vra wanneer ek dan ‘n slaggie oor hul omgewing se wyne skryf, het ek besluit dis weer tyd vir my om daar ‘n draai te gaan maak. Ek was ‘n paar jaar gelede daar vir ‘n artikel oor die Groenberg-area se wynmakers.

Die Worcester-wynroete bied ietsie vir almal

Die Worcester-wynroete se asemrowend mooi winterkleed.

‘n Onontdekte juweel lê en wag net anderkant Worcester, so ‘n uur se ry van Kaapstad af. Dis die Worcester-wynroete waar egte plattelandse gasvryheid hand aan hand gaan met heerlike wyn, en ‘n groot verskeidenheid daarvan, kos en olyfprodukte te kies en te keur.

 

Van Overhex tot Klipdrift in ‘n Terios

Natalie van Rooyen van Overhex en jors troelie aan't wynproe aan die begin van die daglange besoek.

 

Wanneer jy weer eendag koers kies in die rigting van Oudtshoorn en jy vat die pad deur Worcester, doen dit vir ‘n slag rustig en besoek ‘n paar van die wynmakers langs die roete. En as jy tyd het, gaan eet sommer iets iewers langs daai pad. O ja, en as jy natuurlik te lekker geproe het (wat ‘n sterk moontlikheid is!), gaan slaap sommer daai ligte roes af in daai geweste.

 

By Bonnievale wag vele verrassings

Weltevrede in die voorgrond met die vallei wat strek so ver soos die oog kan sien.

Wanneer mense van die Robertson-wynvallei praat, dink hulle gewoonlik net aan Robertson en vergeet die ander drie dorpe wat deel van hierdie natuurskone wynvallei uitmaak, naamlik Ashton, McGregor en Bonnievale. Met dit in gedagte het ek vroeg in 2009 besluit om bietjie verder as Robertson te gaan soek na die juwele van hierdie bekende en gewilde wynvallei, en ek het spesifiek Bonnievale in gedagte gehad.

 

Lekker wiele maak besoeke aan wynplase ekstra plesierig

Die Renault Clio waarmee ek die Robertson-wynvallei plat gery het. Pure plesier!

Ek het die afgelope byna twee jaar die voorreg gehad om ‘n verskeidenheid voertuie te “toets” op besoeke aan areas binne die Kaap se natuurskone wynlande. As oud-motorjoernalis wat bietjie tred verloor het met al die voertuie wat vandag vir Suid-Afrikaners beskikbaar is, was dit ‘n aangename verrassing om te sien hoe groot die keuse vandag is en hoe goed vandag se voertuie is.

 

Sindikeer inhoud