Travel/Reis

What the word of wine offers/Wat die wêreld van wyn aanbied.

Die Worcester-wynroete is propvol verrassings

Die son sak oor die natuurskone Nuy-vallei wat deel vorm van die Worcester-wynroete.

 

Elke keer as ek dink die Kaapse wynlande kan my nie meer verras nie, doen hy dit tog weer! Soveelso dat ek nou tot die slotsom gekom het dat hierdie pragtige, natuurskone, veelsydige wynwêreld van ons ‘n byna onuitputlike skatkis is.

 

So vind ek toe mos uit van die Worcester-wynroete, ‘n relatief nuwe wynroete wat nog heerlik onaangeraak is deur toerbusse en hordes mense, en ek besluit ek moet daar gaan kuier voordat die res van die wêreld van hulle uitvind en ek vertrap word!

Bottelary bied 'n smorgasbord van dekadensie!

Hazendal is sinoniem met puik wyn en smullekkerkos!

Dis winter, en dit beteken net een ding: dis feestyd op Stellenbosch! Jip, die agtste Stellenbosch-wynfees vind vanaf Donderdag, 27 Julie, tot Sondag, 2 Augustus, plaas. En as jy net een lewendige sel in jou liggaam het, en twee werkende breinselle binne trefafstand van mekaar, sal jy sorg dat jy daar is!

 

Met dit in gedagte, vat ek mos toe sommer die pad vroeër hierdie maand om ‘n paar wynmakers daar by die Bottelary-heuwels te besoek. Hierdie gebied lê langs die R304 aan die noordwestekant van die Eikestad.

Beat the winter blues in the blissful Stellenbosch winelands

The Stellenbosch winelands - a place of beauty in nature, wine and food.

There is no better way of escaping the winter blues than with fine wine and fabulous food. The spectacularly beautiful Stellenbosch winelands is an idyllic location for a winter getaway and the wide range of restaurants and wineries will please any palate. Enjoy the serenity of Sundays around Stellenbosch while exploring the heart of the Cape winelands. 

 

‘n Paradys aan die voet van die Helderberg

Die natuurskone Helderberg-area tussen Stellenbosch en Somerset-Wes is beslis 'n besoek werd.

“Wyn is vir my passie. Dit is familie en vriende. Dit is ‘n warm hart en ‘n edelmoedige gees. Wyn is kuns. Dit is kultuur. Dit is die wese van die beskawing en die kuns van die lewe.”

 

So skryf Robert Mondavi oor die nektar van die gode in sy outobiografie Harvests of Joy.

 

Gaan maak 'n draai by Polkadraai!

Polkadraai-heuwels bied baie vir smulpape, en ook baie vir natuurliefhebbers.

WC Fields het eendag gesê ‘n vrou het hom na drank gedryf en hy’t nooit eers die ordentlikheid gehad om haar te bedank nie! Pous Johannes XXIII het weer gesê dat mans soos wyn is: sommige verander in asyn, maar die beste verbeter met ouderdom.

 

Robertson-wynvallei ‘n kuierplek duisend!

Die pragtige Robertson-wynvallei bied ietsie van alles vir die hele gesin.

“A mind of the caliber of mine cannot derive its nutrients from cows!” Aldus George Bernard Shaw. En wie is ek en jy om met so ‘n briljante brein te verskil!

         

Glo my, Shaw praat van net een ding, en dis nie melk nie. Nee, dis daai lieflike voggies van die wingerdstok.

 

Durbanville-wynvallei ‘n fees vir die sintuie

Asemrowende uitsigte soos hierdie is kenmerkend van die Durbanville-wynvallei.

Wat besiel Kapenaars om na winkels te ry om wyn te koop terwyl hulle in die hartjie van een van die wêreld se mooiste en beste wyngebiede bly? Hoe verbeeldingloos moet mens wees om te verkies om tussen rakke onder elektriese ligte na wyn te soek eerder as om onder die blou hemel in die asemrowende natuurskoon van die wynlande rond te ry, spogwyne te proe en dan rustig ‘n botteltjie se nek om te draai oor ‘n heerlike ete tussen die wingerde.

 

Klein Drakenstein is vol verrassings

Klein Drakenstein in die voorgrond met die Paarl en sy bekende rotskoppie in die agtergrond.

Benjamin Franklin het eendag gesê: Ons hoor van die omsetting van water in wyn by die huwelik van Cana as ‘n wonderwerk. Maar hierdie omsetting, deur die goedheid van God, vind elke dag voor ons oë plaas. Kyk na die reën wat uit die hemele op ons wingerde neerdaal, wat hulself in die druiwe inkorporeer om in wyn verander te word; ‘n aanhoudende bewys dat God ons lief het en daarvan hou om ons gelukkig te sien.

 

O brandewyn, laat my nooit staan

'n Groepie besoekers in die hart van 'n brandewynkelder. Hierdie een is by die Van Ryn-brandewyndistilleerdery.

Brandewyn en coke was my eerste bekendstelling aan Bacchus. Dit was as student op Stellenbosch en ek dink die coke het gehelp met die oorgang van koeldrank na sterker drank. Later het ek “opgegradeer” na brandewyn en gemmerlim, oftewel ‘n “ginger square” (overgesetsynde ‘n gemmervierkant).

 

Die Strandveld roep!

Die pragtige dorpie Elim wat sy naam aan die wynwyk in die Strandveld verleen.

“Daarop het hulle by Elim gekom, waar twaalf waterfonteine en sewentig palmbome was. En hulle het daar by die water laer opgeslaan.”

 

Toe die oudste dorpie in die Strandveld halfpad tussen Gansbaai en Bredasdorp in 1824 deur Morawiese sendelinge gestig is, het hulle heel gepas sy naam in Die Bybel gevind. In Exodus 15:27 om presies te wees.

 

Sindikeer inhoud