Travel/Reis

What the word of wine offers/Wat die wêreld van wyn aanbied.

Hemel op aarde

Die pad kronkel tussen wingerde in die vallei met die see in die agtergrond.

Almal eet en drink, tog waardeer net sommige die smaak. Die Chinese filosoof Cinfucius het die spyker op die kop geslaan toe hy hierdie wysheid kwyt geraak het.

 

Ek het dikwels aan hierdie gevleuelde woorde gedink toe ek en vroulief die Hemel en Aarde-vallei besoek het. Dis die vallei in die Walker Bay-wynstreek waar puik wyn, puik kos en asemrowende uitsigte op jou wag. En veel meer.

Waar tydelike ervarings permanente herrinnerings word

Die Olifantsrivier-wynroete in al sy natuurlike glorie. Kom kuier!

Dis nie aldag dat ek rondskarrel om byvoeglike naamwoorde te vind om iets te beskryf nie, maar die gebied langs die Weskus wat so halfpad tussen Clanwilliam en Klawer begin en weer suid van Nuwerus in die noorde eindig, in die weste deur die Atlantiese Oseaan begrens word en in die ooste deur die Bokkeveld- en Koebeebergreekse het dit reg gekry.

 

Die R62 bied jou baie meer as wat jy verwag

Die R62 kronkel deur die natuurskone Klein Karoo en is propvol verrassings.

‘n Heildronk op verskeidenheid. So lui die leuse van die Klein Karoo-wynroete. En wat ‘n verskeidenheid! Wyn, kos en mense. Wingerde, vrugteboorde en fynbos. Berge en dale. Vlaktes en rotskoppies. Staproetes, kwadbaaikroetes en fô-baai-fô-roetes. Wildreservate en warmwaterbronne. En vele meer.

 

Wellington-wynroete propvol verrassings

Die pragtige natuurskoon van die Wellington-wynroete soos gesien van Welbedacht af.

“Die skuins lig wat oor alles speel

Verklap ‘n vlek wat rooi wyn was.

Die oomblik, mens, is wat jy het:

Hoe vlugtig ook sy ryk boeket.”

 

Sindikeer inhoud