Dagboek/Diary

Gebeure in die wynlande/Events in the winelands..

Jo’burg gearing up for 27th Juliet Cullinan Standard Bank Wine Festival

Gauteng, get ready for a feast of top quality wine!

Much-fêted by the media for its tastings and talks by the industry’s cellar-celebs, South Africa’s most exclusive, longest running festival showcasing the Cape’s finest wineries takes place on May 16 & 17 this year.

Visitors can taste the latest vintages, discover dozens of quality labels, discuss everything from wine evolution to regional differences with leading producers, or simply learn how to distinguish a Chenin Blanc from a Chardonnay and discover the unique nuances found in wine regions.

Cabernet Franc Carnival in Cape AND Gauteng this year

Friends enjoying the journey into wine with cabernet franc.

After two successful years of the Cabernet Franc Carnival, presented by Avontuur Estate, fans of unusual varietals in Gauteng will also get the chance to experience this grape at the first Cabernet Franc Carnival in Gauteng this year.

Sluit by Lanzerac aan vir hul gewilde Wynmaker-aandetes

'n Fees van kos en wyn wag op Lanzerac!

As jy een van die ongelukkiges is wat Lanzerac se gewilde Wynmaker-aandetes verlede jaar misgeloop het, is daar goeie nuus: hulle is terug! Die reeks aandetes vir 2017 skop op Dinsdag, 28 Maart, af op die Lanzerac-wynlandgoed aan die buitewyke van Stellenbosch. Lanzerac is die tuiste van die wêreld se eerste pinotage.

Nuwe ‘deluxe’ proe-ervaring gee ekstra sprankel aan Die Huis van J.C. Le Roux

'n Sensasionele smaaksensasie wag by Die Huis van JC le Roux.

Ervaar die weelderige smaak van heerlike, handgemaakte lekkernye bedien met uitsonderlike sjampanje by Die Huis van J.C. Le Roux waar ’n splinternuwe proe-ervaring pas bekend gestel is.

Dié sprankelende toevoeging is beskikbaar by die proekamer en sal beslis gou ‘n gunsteling word by besoekers wat op soek is na ‘n spesiale proesensasie in die Stellenbosse wynlande.

Uitkyk bied heerlike, nuwe smaaksensasies

'n Kat-en-muisspeletjie wag op jou smaakklere!

Die historiese Uitkyk-landgoed naby Stellenbosch bied nou twee opwindende nuwe smaakkombinasies.

 

Vir net R60 per persoon kan besoekers ’n “Kat-en-muis”-smaakkombinasie geniet. Dit behels verskeie heerlike soutpannekoeke wat met die landgoed se wyne gepaar word. Die naam van dié aanbieding kom van die plaaslike vertelling van ’n kat wat lank na die destydse  eienaars elders heen verhuis het, in Uitkyk se opstal agtergebly het. Die kat het as speelse element ook ’n plek op van die landgoed se etikette gevind.

Holden Manz bied nou ook ‘n uitsonderlike kos- en wynervaring

As dit nie jou mond laat water nie, sal niks nie!

Proe die groot verskeidenheid wyne van Holden Manz en ervaar die puik kos- en wynkombinasies by dié manjifieke boetiek-wynlandgoed, geleë tussen twee riviere, met ’n majestieuse uitsig op die Franschhoek-berge.

 

Proe biltong en wyn by Durbanville Hills

Proe twee van SA se gunstelinge by Durbanville Hills.

Wat sal Suid-Afrikaanse gasvryheid wees sonder biltong? Dit is sinoniem met vakansiedae, peuselhappies enige tyd van die dag, rugby, vleisbraai en die “opvoed” van buitelandse gaste oor die Suid-Afrikaanse kultuur.

 

Teen hierdie agtergrond het Durbanville Hills-wynmakery ’n nuwe biltong- en wynproe by sy bestaande aanbiedings gevoeg en daarmee twee van Suid-Afrika se bekendste spesialiteite bymekaar gebring.

Proe sjokolade en wyn by Durbanville Hills

Gaan jaag jou smaakkliere op hol met sjokolade en wyn by Durbanville Hills.

Durbanville Hills bied ’n nuwe sjokolade- en wynproe waartydens twee van die wêreld se verleidelikste smake gekombineer word.

Sjokolade en wyn is natuurlike pasmaats en bied albei komplekse geure en aromas, soortgelyke komponente en nuanses, en hul individuele tannienstrukture kombineer moeiteloos om ’n nuwe dimensie aan die wyn te verleen.

Die proe sluit vyf van Durbanville Hills se wyne in wat met ’n verskeidenheid van dekadente sjokolades gekombineer word en word daagliks aangebied. Die koste is R50 per persoon. Groepe van agt of meer word aangeraai om vooraf te bespreek.

Dekadente vrugtekoek en Van Ryn’s se 20 jaaroud – ’n hemelse kombinasie!

'n Hemelse smaaksensasie!

Die Van Ryn’s-distilleerdery op die wal van die Eersterivier buite Stellenbosch bied, as 'n spesiale bederf, sy Van Ryn’s 20 Year Old Collectors Reserve saam met 'n rojale porsie heerlike vrugtekoek propvol droëvrugte, kersies en neute.

 

Hierdie brandewyn het onlangs by Veritas 'n dubbelgoud losgeslaan en is 'n vorige wenner van die toekenning Worldwide Best Brandy van die International Wine & Spirit Competition (IWSC).

'n Besonderse ervaring wag by die Van Ryn’s-distilleerdery!

Die Van Ryn's-distilleerdery buite Stellenbosch - beslis 'n besoek werd!

Wat van ’n rit na die Van Ryn’s-distilleerdery op die oewer van die Eersterivier naby Stellenbosch om internasionaal bekroonde fynproewersbrandewyn saam met koffie en sjokolade of nagereg te geniet? As jy eerder ’n southappie verkies, kan jy die brandewyn met handgemaakte, gerookte spesialiteitsvleise en kase geniet. Jy kan ook deur die winkel drentel en besluit op die beste brandewyn en brandewyntoebehore om as geskenke aan te skaf.

 

Sindikeer inhoud